Erfenis: Onthou en onderhou dit só

"O, ons is nog ver van ʼn Nuwe Jerusalem af. Daar is baie werk vir ons elkeen in sy eie hoekie van Suid-Afrika. Egte vaderlandsliefde beteken nie om ons rug te draai vir ons land se gebreke en foute nie, maar om hulle onder die oë te sien, soos ʼn goeie ouer die foute van sy kind, en om reg te maak wat binne ons mag is om reg te maak.” – Piet Cillié, Afrikaanse koerantredakteur (1917–1999)

KOOP JOU STUKKIE VOORTREKKERMONUMENT

Deur ‘n gedeelte van die Monument te ‘koop’, kry die ‘koper’ ‘n sertifikaat wat aandui watter gedeelte van die Monument hy/sy ‘gekoop’ het. Die name word dan in die Voortrekkermonument se argief aangeteken vir die nageslag as diegene wat tydens hierdie ernstige krisis ‘n verskil gemaak het deur finansieel by te dra. Hy/sy word dan ook ere-‘eienaar’ van die Monument.